Tuesday, April 8, 2014

Geluksaligheid en die mossie

Geluksaligheid en die mossie:

Ek is in die gelukkige posisie om in 'n stunning plek te bly. Gordonbaai, teen die berg. Die uitsig is amazing. My lessenaar is so geskuif dat ek uitkyk oor die mooie Hottentotsholland berge, Tafelberg en aan die ander kant die see. En as die wind waai, waai die miswolke sommer en hier voor my venster verby.

Nou een oggend was daar weer so 'n mooie sonsopkoms, die koppie koffie was lekker, die skrywery gaan goed, 'all is well'. Natuurlik lei dit tot 'n gevoel van geluksalikheid, soos die ou vertalings van die Bybel gesê het. 'n Gevoel van 'die aarde en alles daarop' is mooi. Die wêreld is reg.

Die voëltjies kom kuier. Een mossie kom sit sommer hier voor die venster. Net 'n entjie verder vlieg 'n skoenlapper 'n paar draaie, gaan sit op 'n takkie. As ek nie van Eva se appel gehappery geweet het nie, het ek gedink ek is in die paradys.


Die mossie vlieg met 'n sierlike boog reguit na die skoenlapper.

Met'n kraakgeluid vreet hy die skoenlapper op.

Skielik het ek besef dat die lewe kan eindig in 'n sekonde.Want die dood is net ‘n asem vêr.

'n Mens lewe nie een keer nie, maar elke dag. Ons sterf net een keer.


Shine – elke dag.

No comments:

Post a Comment