Wednesday, March 26, 2014

Van rose en disprins

Van rose en disprins: Hoekom doen ek wat ek doen en nie wat ek moet doen nie.

Een van my voornemens vir die jaar was om gereeld te oefen. Ja, goeie idee. Maar ai tog! Ek begin, hou uit vir ‘n week of twee, dan raak ek besig , het nie meer tyd vir oefen nie, doen al hoe minder. Ek maak myself mal!  As deel van my KPB  plan het ek gaan oplees hieroor en toe uitgevind van rose en disprins en dat mens met die hart besluite neem en met die kop dit regverdig. Want ons is nou maar eenmaal van emosies aangemaak gesit.

Daar is twee kragte wat my optrede beinvloed: plesier en pyn. ‘n Mens beluit om iets te doen omdat dit ‘n mens nader aan plesier bring of omdat dit mens weg neem van pyn. Dit is hoekom daar ‘n verskil is tussen wilskrag en trekkrag. Wilskrag is ‘n moeilike ding want ‘n mens veg teen wat mens regtig wil hê teenoor dit wat ‘n mens dink hy wil hê.  Trekkrag is meer effektief as wilskrag.

Want motivering is die som totaal  van al my begeertes, net soos die lewe die som totaal van al my besluite is. Daar is nie net een behoefte in my lewe nie. Volgens  die motiverings guru, Tony Robbins is daar ses menslike behoeftes:

1.   ‘Certainty’ - die versekering dat ‘n mens pyn kan vermy en plesier kan verkry.
2.    ‘Variety’  - mens wil verskeidenheid beleef, verander, nuwe stimulering hê.
3.    ‘Significance’ - Waarde/betekenis: ‘n mens wil iets beteken.
4.    ‘Connection’ - ‘n mens wil liefde gee en ontvang
5.     ‘Growth’ - wil verbeter, deel wees van iets groter as mens self.
6.    ‘Contribution’ -  ‘n begeerte om ander te help.
 Verwys:  The 6 Human Needs: Why we do what we do - Tony Robbins Blog

Elkeen van hierdie behoeftes kompeteer vir aandag. Dit is waar rose en Disprins deel van die proses raak.

‘n Rose besluit  – die ding wat ek wil doen laat my goed voel,  laat my beter voel oor myself.  Ek  sal goed voel as ek fiks en maer is. As ek oefen dink ek hoe lekker dit gaan wees om daardie doel te bereik, hoe  goed ek gaan voel oor myself, en wat doen ‘n fikse persoon: hou aan met oefen, eet reg, lewe gesonder,  gaan aan met die program. En voel goed.

‘n Disprin besluit – die besluit maak pyn minder, ek moet gaan oefen want ek is onfiks. Ek wil weg beweeg van die pyn. Sodra ek begin oefen en beter voel raak die ander behoeftes se emosionele waardes meer en hou ek op met oefen. En ja, om voor die TV te sit word emosioneel makliker!

Disprin werk vir ‘n kort rukkie, rose kan weer en weer blom. Dit is wat motivering is. Om vir onsself die emosies van suksesvolle voltooiing van ‘n besluit  beter  te maak as die emosies van dit wat ons eerder wou doen.

In sy boek, “The Motivated Mind” beskryf Jason Gracia die proses as twee skale, aan die een kant is die emosionele gewig van die voordele om die ding te doen, aan die ander kant is die gewig van die voordele om dit nie te doen nie. Die kant met die meeste emosionele gewig sal wen.

Daarom werk dit om die positiewe emosies van ‘n besluit meer te maak, dit  laat die skaal swaai in guns van my besluit om te oefen. En ek gaan die lekker van voor die TV sit verminder. TV kyk is ‘n Disprin duisend!  

Shine - Dis jou reg!

No comments:

Post a Comment