Monday, August 18, 2014
Robin Williams
Vir Robin Williams:
Dankie dat jy ons laat lag het, male sonder tal,
dat jy ons lewens verryk het met jou sêgoed
en sin vir humor.
Voordat die donker vir jou te veel geword het.
Dit is ons plig om die donker in ons
te leer ken,
en om werk daarvan te maak.
Want daar is donker in ons almal.
Maar Lig is altyd sterker.
Tuesday, April 8, 2014
Geluksaligheid en die mossie
Geluksaligheid en die mossie:
Ek is in die gelukkige posisie om in 'n
stunning plek te bly. Gordonbaai, teen die berg. Die uitsig is
amazing. My lessenaar is so geskuif dat ek uitkyk oor die mooie
Hottentotsholland berge, Tafelberg en aan die ander kant die see.
En as die wind waai, waai die miswolke sommer en hier voor my venster
verby.
Nou een oggend was daar weer so 'n
mooie sonsopkoms, die koppie koffie was lekker, die skrywery gaan
goed, 'all is well'. Natuurlik lei dit tot 'n gevoel van
geluksalikheid, soos die ou vertalings van die Bybel gesê het. 'n
Gevoel van 'die aarde en alles daarop' is mooi. Die wêreld is reg.
Die voëltjies kom kuier. Een mossie kom sit
sommer hier voor die venster. Net 'n entjie verder vlieg 'n
skoenlapper 'n paar draaie, gaan sit op 'n takkie. As ek nie van Eva
se appel gehappery geweet het nie, het ek gedink ek is in die
paradys.
Die mossie vlieg met 'n sierlike boog
reguit na die skoenlapper.
Met'n kraakgeluid vreet hy die
skoenlapper op.
Skielik het ek besef dat die lewe kan
eindig in 'n sekonde.Want die dood is net ‘n asem vêr.
'n Mens lewe nie een keer nie, maar elke dag. Ons sterf net een keer.
Shine – elke dag.
Wednesday, March 26, 2014
Van rose en disprins
Van rose en disprins: Hoekom doen ek wat ek
doen en nie wat ek moet doen nie.
Een van my voornemens vir die jaar was om gereeld te oefen.
Ja, goeie idee. Maar ai tog! Ek begin, hou uit vir ‘n week of twee, dan raak ek
besig , het nie meer tyd vir oefen nie, doen al hoe minder. Ek maak myself
mal! As deel van my KPB plan het ek gaan oplees hieroor en toe
uitgevind van rose en disprins en dat mens met die hart besluite neem en met
die kop dit regverdig. Want ons is nou maar eenmaal van emosies aangemaak
gesit.
Daar is twee kragte wat my optrede beinvloed: plesier en
pyn. ‘n Mens beluit om iets te doen omdat dit ‘n mens nader aan plesier bring
of omdat dit mens weg neem van pyn. Dit is hoekom daar ‘n verskil is tussen
wilskrag en trekkrag. Wilskrag is ‘n moeilike ding want ‘n mens veg teen wat
mens regtig wil hê teenoor dit wat ‘n mens dink hy wil hê. Trekkrag is meer effektief as wilskrag.
Want motivering is die som totaal van al my begeertes, net soos die lewe die
som totaal van al my besluite is. Daar is nie net een behoefte in my lewe nie.
Volgens die motiverings guru, Tony
Robbins is daar ses menslike behoeftes:
1. ‘Certainty’
- die versekering dat ‘n mens pyn kan vermy en plesier kan verkry.
2. ‘Variety’ - mens wil verskeidenheid beleef, verander,
nuwe stimulering hê.
3. ‘Significance’
- Waarde/betekenis: ‘n mens wil iets beteken.
4. ‘Connection’
- ‘n mens wil liefde gee en ontvang
5. ‘Growth’ - wil verbeter, deel wees van iets
groter as mens self.
6. ‘Contribution’
- ‘n begeerte om ander te help.
Verwys:
The 6 Human Needs: Why we do what we do
- Tony Robbins Blog
Elkeen van hierdie behoeftes kompeteer vir aandag. Dit is
waar rose en Disprins deel van die proses raak.
‘n Rose besluit – die
ding wat ek wil doen laat my goed voel, laat my beter voel oor myself. Ek sal
goed voel as ek fiks en maer is. As ek oefen dink ek hoe lekker dit gaan wees
om daardie doel te bereik, hoe goed ek
gaan voel oor myself, en wat doen ‘n fikse persoon: hou aan met oefen, eet reg,
lewe gesonder, gaan aan met die program.
En voel goed.
‘n Disprin besluit
– die besluit maak pyn minder, ek moet gaan oefen want ek is onfiks. Ek wil weg
beweeg van die pyn. Sodra ek begin oefen en beter voel raak die ander behoeftes
se emosionele waardes meer en hou ek op met oefen. En ja, om voor die TV te sit
word emosioneel makliker!
Disprin werk vir ‘n kort rukkie, rose kan weer en weer
blom. Dit is wat motivering is. Om vir onsself die emosies van suksesvolle
voltooiing van ‘n besluit beter te maak as die emosies van dit wat ons eerder
wou doen.
In sy boek, “The Motivated Mind” beskryf Jason Gracia die
proses as twee skale, aan die een kant is die emosionele gewig van die voordele
om die ding te doen, aan die ander kant is die gewig van die voordele om dit
nie te doen nie. Die kant met die meeste emosionele gewig sal wen.
Daarom werk dit om die positiewe emosies van ‘n besluit
meer te maak, dit laat die skaal swaai
in guns van my besluit om te oefen. En ek gaan die lekker van voor die TV sit
verminder. TV kyk is ‘n Disprin
duisend!
Shine - Dis jou reg!
Sunday, March 9, 2014
Nuwe Nuwejaarsvoornemes
Nuwe Nuwejaarsvoornemes
‘n Mens se beste vriend is sy drome, dit trek mens deur
die lewe. Dis hoekom dit so lekker is om met Oujaar voornemens te maak. Veral
as mens tussen vriende is, ‘n glasie wyn drink, kuier. Dis heerlik om te dink
dat daar ‘n nuwe begin is, dat dinge hierdie jaar gaan anders wees.
Volgende
oggend begin die skuldgevoel so liggies in my bors roer. Nou sal ek doen by al
my dapper praat moet sit.
En hier’s ek alweer met my Nuwejaar voornemens wat nou
verwyte geword het. Twee maande van 2014 is verby en bokkerol gebeur.
Voornemens - die woord bevat ingeboude weerstand. Die
oomblik wanneer ‘n mens sê: “Ek gaan hierdie jaar maer word.” is daar ‘n draai
gevoel op mens se maag, ‘n klein stemmetjie wat sê “ Ja, regtig! Het dit al
gehoor! Weer gaan niks gebeur nie.” Net soos al die ander jare. Brene Brown
beskryf dit so: Ek is ‘n ervare kaartmaker en ‘n struikelende reisiger in die
avontuur van die lewe.
Ons as mense laat ons mos nie voorskryf nie, nie eers
deur onsself nie! Ek moenie vir my liggaam vertel “Jy gaan maer word nie”. Elke
selletjie spring dadelik op, erg gewip. Maar as ek sê: “Hierdie jaar gaan ek
elke dag dankie sê vir my liggaam en uit dankbaarheid gaan ek jou, liggaam,
oppas deur gesonder te eet. Ek gaan lag en dans en die lewe vier.” Dit voel
lekker! Nou skree die selletjies van opwinding. Deksels, voel soos Oujaarsaand
So, nou is daar die KPB plan - konstante positiewe
beweging. Om elke dag gewoontes in te bou wat my nader aan my doelwitte neem.
Ja, doelwitte, nie voornemens nie! So dis die plan vir die res van my jaar. Die
tien maande wat nog oor is. En hierdie jaar gaan ek maer word!
My wens vir jou: “May your actions be beautiful prayers”
– Rainn Wilson
Shine - dis jou reg!
Subscribe to:
Posts (Atom)